top of page

Die Sterre en Maan

Daar is nagte

waar die lug asemhaal

soos ’n dier wat rus,met sterre wat stadig

in hul eie asem brand.


Ek lê en kyk,en dink aan hoe lig

so lank vat om hier te kom

asof selfs die hemel huiwer

om iets te sê.


Die maan hang skeef,

half vol,

half moeg,

sy kyk neersoos iemand wat al te veel gesien het

en steeds mooi probeer wees.


Tussen haar en my

is net stilte,en tog voel ek

hoe iets beweeg

iets oud, iets sag,

iets wat weetdat ons ook eendag lig sal word,

of niks.

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page