top of page


Glashuis
Daar was eens ’n huis van glas hoog teen die rand van ’n heuwel, gebou deur iemand wat glo dat deursigtigheid veiligheid bring. Elke muur het die wêreld gewys: hoe mooi die son skyn, hoe mense verbyloop sonder om op te kyk. In die huis het ’n kind gewoon wat sy eie refleksie geselsies gevoer het, ’n spookbeeld van homself gevang in elke ruit. Hy het gedink dis lig wat hom beskerm, dat sigbaarheid liefde beteken, tot die dag toe die wind begin praat het en ’n klip teen die ven

M van Zyl
Nov 5, 20251 min read


Die Sterre en Maan
Daar is nagte waar die lug asemhaal soos ’n dier wat rus,met sterre wat stadig in hul eie asem brand. Ek lê en kyk,en dink aan hoe lig so lank vat om hier te kom asof selfs die hemel huiwer om iets te sê. Die maan hang skeef, half vol, half moeg, sy kyk neersoos iemand wat al te veel gesien het en steeds mooi probeer wees. Tussen haar en my is net stilte,en tog voel ek hoe iets beweeg iets oud, iets sag, iets wat weetdat ons ook eendag lig sal word, of niks.

Handré Laubscher
Oct 26, 20251 min read
bottom of page