top of page

Desember 2024

  • Jan 9, 2025
  • 2 min read

Updated: Mar 24, 2025



  1. Kan jy 'n oomblik beskryf wat jou lewe verander het?

    • Die dag toe ek op 21 jaar oud, uitvind ek is swanger en geboorte gee. Ek was alleen, maar het daardie dag besef jy lewe nie net vir jouself nie.

  2. Wat is die grootste uitdaging wat jy al moes oorkom, en hoe het dit jou gevorm?

    • Om my ma te verloor toe ek in Standerd 6 was.

    • Ek was die oudste en moes op ’n vroeë ouderdom meer verantwoordelikheid neem ek kon nie verder kind wees nie.

  3. As jy jou lewe in drie woorde moet opsom, wat sou dit wees?

    • Geseënd, gelukkig, dankbaar.

  4. Wat motiveer jou om elke dag aan te hou?

    • My kinders.

  5. Vertel my van iets of iemand wat jou hoop gee in moeilike tye.

    • Liewe Jesus.

  6. Wat is die grootste les wat jy al geleer het?

    • Ek het dinge gedoen sonder om te dink, en die gevolge het my geleer om meer te dink voor ek doen.

  7. Wat beteken tuiste vir jou?

    • Familie.

  8. As jy 'n boodskap aan jou jonger self kon stuur, wat sou jy sê?

    • As ek geweet het wat ek nou weet, sou ek dinge anders gedoen het.

  9. Wat waardeer jy die meeste in ander mense?

    • Gesindheid.

  10. Vertel my van 'n tyd waar jy moes kies tussen wat maklik is en wat reg is.

    • Tydens my swangerskap. Die maklike opsie sou aborsie wees, maar ek het die regte ding gedoen.

  11. Hoe beïnvloed jou verlede jou huidige perspektief op die lewe?

    • My verlede het my sterker en meer positief gemaak.

  12. Wat is jou idee van geluk?

    • Dit beteken baie om te glimlag en ander gelukkig te maak.

    • As ander goed voel, voel ek ook goed. Jy weet nooit waardeur iemand gaan nie.

  13. As jy alles verloor het behalwe een ding, wat sou jy wil behou?

    • My geloof.

  14. Wat is die een ding wat jy wil hê mense moet oor jou weet, selfs al weet hulle niks anders nie?

    • Dat ek ’n goeie persoonlikheid het.

    • As mense my sien, moet hulle weet ek is positief en liefdevol.

  15. Wat is jou grootste hoop vir die toekoms?

    • Om my kinders te sien grootword en gelukkig wees.

  16. Sal jy jou skoene wil ophang, aangee of weggooi?

    • Ek sal dat my kinders dit eendag wil dra.

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page